Leiden (Nederlands: [ˈlɛidə(n)], ; Oudnederlands: Leyden) is die vyfde grootste stad van die Nederlandse provinsie Zuid-Holland. Slegs Rotterdam en Den Haag is heelwat groter met Dordrecht en Zoetermeer wat in werklikheid byna dieselfde bevolkingsgrootte as Leiden het. Dié stad is aan die Rynrivier geleë en vorm 'n enkele stedelike gebied met Oegstgeest, Leiderdorp en Voorschoten. Leiden beslaan 'n oppervlakte van 23,27 vierkante kilometer en het 124 093 inwoners (1 Januarie 2014), en die agglomerasie 254 000 inwoners.
Developed by StudentB